top of page

as ek weggaan

wil ek na jou gaan

en saam in die koel see val

ek wil onthou word

as ’n ou man

as joune

half-doof op ’n koffie-date

in my mooiste trui

om te lewe

was om tot die einde

jou liefde in my te dra

kyk, ek het dit gebring

in ’n lappie

soos om my hart

as ek doodgaan

sal ek na jou gaan

en val in die eindelose

sagte swart

bottom of page